Thursday, August 21, 2008

Die Mot en die kers


Die ander motte was dom en dwaas,
Maar ek sal ver van die kers af bly;
Hier ver uit die skemerte sal ek kyk,
Hier ver is dit veilig en kyk is vry.

Maar ek hoef nie van eenkant net te kyk –
Ek vlieg op dieselfde afstand om,
Dan weet ek van alkant hoe hy lyk
Om beter te sorg om nie nader te kom.

My sirkel was skeef en ingebuig,
Maar daar ook nag, waar ek naaste was,
Het daar niks gebeur – ek maak verniet
My veiling so groot en so ver van die as.

Die wieletjie draai al vinniger om
En die lig en die gloed word al groter genot;
En die veilings word al nouer al rondom die as –
En die end van die wiel is die as van die mot.


– C.J. Langenhoven -
- Versamelde Werke -



2 comments:

Anonymous said...

Vellings, nie veilings nie.

RoosMaryn said...

Met dank aan Alice Hendriks-Boshoff vir die uitwys van spelfout. :)