Tuesday, January 29, 2008

Anderse Gesprek

Wat maak gebed so anders as ander gesprekke?
:
Jy hoef nooit 'n afspraak te maak nie;
Die lyn is nooit beset nie;
Daar is nooit te veel ander besoekers nie;
Die Hoorder is nooit te besig nie;
Hy is nooit uithuisig nie;
Hy stuur jou nooit weg nie;
Hy val jou nooit in die rede nie;
Hy luister nooit met 'n halwe oor nie;
Hy vergeet nooit jou versoeke nie;
Hy is nooit raadop nie;
Hy word nooit moeg nie;
Hy is nooit in 'n slegte bui nie;
Hy ag niks onbelangrik nie;
Hy vra nooit vergoeding nie;
Maar.... Hy wag op ons -
Kom ons tree met eerbied,
- met oorgawe en met vertroue
in gesprek met hierdie wonderlike Een!
:
Wie die Skepper ontken, bly nog steeds van Sy skepping afhanklik.

No comments: