Friday, August 1, 2008

Energie

Moenie tyd mors om jou te kwel
oor diegene wat jou tot in jou siel toe
irriteer nie,

want dis nie die moeite werd nie,

gebruik jou energie op die mense vir wie jy lief is
en wat jou ook lief het.

hardloop weg van negatiewe mense
wat jou lewe ondraaglik maak
en spits al jou energie,

tyd en verstand
toe op dit wat jy wil bereik
en fokus elke dag
op die wonderlike dinge rondom jou.

jy moet inderwaarheid so besig wees
om “ja” te sê vir die lewe
dat daar nie tyd en plek is
vir mense om jou

met hul knorrigheid
en beterweterigheid

Te intimideer nie.

- ST Potgieter -

No comments: