Friday, August 8, 2008

Tuin


Vir ‘n Spesiale Goggatjie

Tuin van my hart

‘n Tuintjie het ek vir my geplant,
Waar ‘dankies’ weelderig groei.
Waar ‘kan-ek-help’ en ‘kom-tog-weer’ en ‘ag-dis-niks,’
bloei,

‘n Bossie ‘bly om jou te sien,’
‘n Boompie ‘laat my toe.’
Rye ‘sit tog maar’ is daar en
‘kom-ek-wys-jou-hoe.’
‘Ekskuus groei geel daar in my tuin en ‘laggies’ kol op kol.
Daar’s plate en plate ‘asseblief’ en ‘soentjies’, beddings vol.

En as jul vra waarom dan in my tuin
Daar soveel mooi goed groei,
Dan sê ek: dit is omdat daar ‘n liefdestroompie vloei.

- onbekend -

No comments: