Friday, August 22, 2008

VERSOENING

:
Versoening is ‘n menslike gedagte;
Soms ‘n vreemde gedagte.
Is versoening net ‘n droombeeld?
Is dit so noodsaaklik dat mense van ‘n mens moet hou?
Versoening is ‘n uitstappie in die natuur.
Dit is nie ‘n snelweg nie…
Nie gejaagd nie.
‘n pessimis stap nie onder die blou van die hemel nie,
want die blou kan dalk val.
Twyfel oor sekuriteit verdwyn net deur liefde.
Versoening breek die eensaamheid…
dit bring son,
humor ,
lag en bevryding.
Dit breek deur die onkwesbaarheid en
praat in barmhartige taal.
Versoening is van die koppie af spring;
vlakte in!

- Onbekend -

No comments: