Thursday, September 4, 2008

Drie Varke

Die eerste vark bou sy huis van stukke boombas en gras,
dis goed genoeg - dit het sy sak gepas!

Die tweede vark kies stokke,
dit het hom herinnner aan die varkhokke!

Die derde vark was meer verstandig en intelligent,
met klip en sement gebou op n stewige fondament!

Toe kom die wolf in n stormsterkte wind,
die eerste twee varke het hy sonder heenkome gevind.

Hulle vesting was verpletter en hulle was dakloos gelaat,
- dit gebeur as jy jou nie weerhou van die kwaad!

Die besmetting van die samelewing, rioolkultuur,
geweld, bedrog en misdaad wat die lewe versuur!

Die derde vark was verstandig en veilig - hyt voorsorg getref en studeer,
hard gewerk en selfgekontroleer!

Sy huis was gebou op die Rots,
dit het staande gebly toe hy met die storms van die lewe bots!


- Onbekend -

No comments: