Monday, January 7, 2008

Dankie

Vriendin

Dankie Heer, vir die mens in my lewe-
In my klein sirkel
Waar ek maar min mense toelaat,
Is sy soos die kosbaarste pêrel!

Ons praat nie veel
En tog koester ons die band tussen ons

So, pas haar asseblief mooi op,
Gee haar die wysheid wat sy vra –
Sy is my vriendin heer,
En baie spesiaal.

Ek weet u sal haar met liefde dra
En gee haar ‘n geseënde week,
Want sy verdien dit
Amen.

Micky
6 Januarie 2008

No comments: