Saturday, January 5, 2008

Hoe moet ‘n Vrou se Hart wees om mooi te wees?

“Om mooi te wees, moet die hart van die vrou drie dinge wees:

‘Dit moet wees soos die gras wat deur die diere afgevreet word,
maar altyd weer groei.
G’n seer moet dit doodmaak nie.’

Dit moet wees soos ‘n fontein wat deur die diere vuil getrap word,
maar daarna altyd weer helder word.
Geen man moet sy modder spore daarin agterlaat nie.

’Dit moet wees soos die rooidag,
wat elke môre die donker nag oorwin.
Geen swaarkry moet dit kan doodkry nie’.”

27 Desember 2007

No comments: