Saturday, January 5, 2008

Vingerafdrukke

My Vingerafdrukke !
"Here, oral waar ek gaan laat ek vingerafdrukke na.
Op die hande wat ek aanraak,
op borde,
mure en boeke.
Daar is nie wegkomkans nie,
waar ek vat plaas
ek 'n teken van my identiteit.
Help my Here,
om vandag waar ek ook
al gaan
hartafdrukke na te laat.
Hartafdrukke van regverdigheid en deernis,
van begrip en liefde,
van barmhartigheid en belangstelling.
Hartafdrukke van hartlike vriendelikheid
en van opregte betrokkenheid.
Mag my hart 'n ander hart aanraak
en 'n afdruk van u liefde laat."
En as iemand sou sê:
"Jou aanraking het my vandag versterk"
laat hulle agterbly met die wete
dat dit U liefde was wat hul in my ervaar het."
(Dankie Lindie
12 Desember 2007)

No comments: