Saturday, January 5, 2008

Jou gedagtes Beïnvloed jou Toekoms

Die gedagtewêreld van
enige mens
Is die boumeester van sy karakter
En
omstandighede.
Elke daad,
Elke onbeduidende handeling,
Selfs
die mees impulsiewe
En spontane
Handeling
Moet ‘n
saadjie,
‘n begin
–hoe gering ook al –
iewers in jou
onderbewussyn hê.
Geen daad kan sonder ‘n gedagte ontstaan
nie
En jou dade of die uitlewing van jou gedagtes
Bewys aan hulle wat
Naby
En om jou leef,
WIE JY WERKLIK IS.
27 Desember 2007

No comments: