Saturday, July 26, 2008

Berou


Hierdie is die begin van ‘n nuwe dag.
God het aan my hierdie dag gegee
Om te gebruik soos ek wil.

Ek kan dit vermors of groei in sy lig
En tot diens wees van ander.
Maar wat ek met hierdie dag doen,
Is belangrik
Omdat ek ‘n dag van my lewe daarvoor geruil het.

Wanneer more aanbreek,
Sal vandag vir ewig verlore wees.
Ek hoop dat ek nie die prys wat ek daarvoor betaal het,
Sal berou nie.

- anoniem -

No comments: