Tuesday, August 19, 2008

Die rus is elders

In die eensame veld staan ’n tentjie klein,
en daarnaas in die skeemring skuif die ligtende trein;
ek sien in die tentjie,
deur die oop gordyn,
’n tafel met bordjies en glasies fyn,
wat sag in die lig van die kersie skyn,
en ek dag: "Was ek net in die tentjie klein,
ek sou tog so gelukkig syn.
"Naas die eensame tent staan ’n meisie klein,
in stomme bewond’ring van die ligtende trein;
sy sien my geniet my glansende wyn
en kost’like maal by elektriese skyn;
en ek raai die gedagte van die meisie klein:
"Ag, was ek maar net in die vrolike trein,
ek sou tog o so gelukkig syn".
- Totius -

No comments: