Monday, August 18, 2008

Nes Pa


‘n Bed nes Pa

net so ‘n ondersteuning van dag tot dag,
net so goed en deeglik en
sonder swier…
Pa . . . ek mis jou . . .


Die balsem van ‘n bed

‘n Bed is een van die lekkerste dinge op die wêreld,
maar dan moet dit ‘n lekker bed wees.
En om ‘n lekker bed te wees,
Het dit drie dinge nodig:
Plek,
Stukrag en
Stewigheid.
Sonder een van die drie
Beantwoord ‘n bed nie aan sy doel nie:
Naamlik om ‘n mens ‘n onwankelbare toevlugsoord teen die aanslae van die lewe te bied.
Maar dis nou van ons ou kiaathout katel met sy onpretensieuse halfmaan-kopstuk

hy’s ‘n bed duisend!

Groot genoeg dat ons elkeen ons eie afsonderlike draaie kan draai en elkeen ons eie lê kan lê en darem nog die troostende gemeenskap van onverdeelde ligging kan geniet.
Veerkragtig genoeg met sy twee matrasse om ‘n mens ordentlik te steun, sonder om sodoende self in te duik;
En vas genoeg op sy mat en pote om ‘n mens te alle tye ‘n gevoel van sekuriteit te gee.
Daarom hou ek so baie van die bed.
En ook omdat Pappie hom vir ons gegee het as deel van die kamerstel wat sy troupresent aan ons was.
-
Vir my is die bed ook nes Pa
-
net so ‘n ondersteuning van dag tot dag,
net so goed en deeglik en
sonder swier…
-
Nie ‘n kamma-bedjie
Sonder pit of persoonlikheid
Wat nooit opgewasse kan wees
Teen Grofbrood en Glorie
Van ‘n lang huwelikslewe…
- onbekend -

No comments: