Monday, August 25, 2008

ECHO van die Lewe


‘n Pa en sy jong seun het in die berge gaan wandel. Skielik het die seun geval en sy enkel sleg seergemaak.

AAAhhhhhhh!!!!! Gil hy in pyn .
Tot sy verbasing hoor hy sy stem herhaal iewers in die berge:

AAAhhhhhhh!!!!!

Nuuskierig, gil hy: “Wie is jy?”
Hy kry die antwoord terug: “Wie is jy?”

Hy skree toe vir die berge: “Jou rotse maak my seer!”
Die stem antwoord terug: “Jou rotse maak my seer!”

Verontwaardig deur die antwoord, skree hy: “Lafaard!”
Hy ontvang weer die antwoord terug: “Lafaard!”

Hy kyk na sy pa en vra, “Wat gaan aan, Pa?”
Sy pa glimlag vir hom en sê, “Seun, gee nou aandag en luister.”

Die pa skree toe, “Jy is ‘n die beste!”
Die stem antwoord terug, “Jy is die beste!”

Die seun is verbaas, maar verstaan nie wat aangaan nie.
Sy pa verduidelik toe vir hom: “Mense noem dit ‘n ECHO, maar eintlik is dit LEWE.
Dit gee terug aan jou alle dinge wat jy sê en doen.
Ons lewe is maar slegs ‘n refleksie van ons aksies.
As jy meer liefde in jou lewe wil hê, skep meer liefde in jou hart.
As jy wil hê jou span moet beter presteer, verbeter jou eie prestasie.
Hierdie verhouding is van toepassing in alle aspekte van jou lewe.
Die lewe sal aan jou terug gee alles wat jy aan die lewe gegee het.

JOU LEWE IS NIE NET ‘N TOEVAL NIE, DIS ‘N REFLEKSIE VAN JOU!

1 comment:

RoosMaryn said...

Welkom Jarah en baie dankie vir die lewensles.