Monday, August 25, 2008

EEN KEER IN 'N LEEFTYD

Wat is liefde, hoe weet jy dit is waar?
Is dit iets wat jy versigtig soos geld kan spaar?
Pluk dit aan jou hart soos druppels aan ‘n blaar?
Soos wind aan ‘n spinnerak, soos vingers aan ‘n snaar?

Wat is liefde en kan jy daarteen stry?
Is dit iets wat jou verslaaf, of iets wat jou bevry?
Sal dit jou die pad wys, of sal dit jou mislei?
Sal dit soos die mis kwyn, of sal dit ewig bly?

Jy vra my wat is liefde, dis die soetste, soetste seer,
dis wanhoop en verwarring en ‘n duisend dinge meer.
Dis lenteson, dis wintersneeu en somerdonderweer,
dis alles wat jou hart soek en niks wat hy kan keer.

Die digters sê dis waansin, sonder rede, sonder hoop,
‘n pad wat selfs ‘n engel sal huiwer om te loop,
‘n dorsmasjien waar duiwels ‘n mens se siel klaar stroop,
die duurste ding wat man en vrou met murg en bloed
kan koop…

Die liefde is nie ‘n maklike pad nie.
Jy moet sterk wees daarvoor.
En sag.

- Deon Opperman -

No comments: