Sunday, August 24, 2008

SEER

Veilig agter
‘n dun rofie van seer
en wil nie toelaat
dat iemand dit skeur
Sterk en manhaftig
maar altyd gedagtig
aan dit wat was
om met ‘n enkele terugtog
van dink te herleef
en steeds pyn dit ook nog
die onreg, die seer, en elke keer weer
vlam die bitterheid op
soos ‘n sjampanje so dop
wat vrykom en skiet
maar tog - dis verniet
Gedane sake het geen keer nie
en probeer help ook nie meer nie
Daar word gesê
Vergewe en vergeet -
dus - as jy onthou was dit tevergeefs;
dan haat jy steeds ...

- Annette Coetzee -

No comments: