Saturday, September 13, 2008

Skadus

Daar is skadus teen die muur
wat laataand bokspring feeste vier,
op die maat van blik en snaar
my voete dwing om te baljaar.

Die skimme kruip hier in my kop
jaag die ou herinnerings weer op,
van kaalvoet klonkies op n tyd
en Kosmos tot in ewigheid.

Ek onthou van tye om die vuur
lang arm skadus teen die muur,
baie stories van vanmelee
wat aan die skimme lewe gee.

So stap ons aan deur Niemandsland
tot ver oorkant die rant se kant,
saam met skimme weggevoer
waar blinkoog sterre vir ons loer.

Ek sien die skaduwees verdwyn
die skimme stadig saggies kwyn,
my hart word vy-ryp dromend sag
wanneer ek een word met die nag.


- Onbekend -

No comments: