Friday, September 5, 2008

Straatbedelaar

Vuil, verflenterde Faan,
hy lyk moeg, gehawend en gedaan!
Sy stukkende klere is oud en geskeur,
hy het dae laas ge-eet, gewas of geskeer!
Hy bedel met n handgeskrewe plakkaat,
in die warm son op die hoek van die straat!
"Help asseblief! Honger! werkloos!
geen slaapplek! Dakloos!
Mense ry verby en kyk anderpad,
haastig werk toe in n vinnige rat.
Hulle verkies om onbetrokke te bly,
stel geensins belang of die arme man hulp gaan kry!
Hulle bly gerieflik in n huis met n lekker warm bed,
tevrede met die vaste beleggings wat hulle in die bank het!
Mediese voorsorg en n maandelikse salaris,
gemoedsrus om te weet dat die fondse daar is!
In die moderne wereld voorsien elkeen net in sy eie belang,
is dit dan net die armes wat na die hemel verlang?


- Onbekend -

No comments: