Sunday, October 5, 2008

Die Sin Van Die Lewe

Die lewe is 'n lied
Maar soms is daar te veel verdriet

Een oomblik nog rustig
Die volgende oomblik is alles mistig

En ek wonder oor die bestaan van die mens
Waarom kry 'n mens net een wens?

Die doel van my bestaan voel so onwerklik
Soms so ongedaan

Sal ek ooit verstaan waarheen ek op pad is
As ek nie eers verstaan waar my hart is

As alles om jou swart is
Kyk opnuut na waar jou hart is

Die liefde is die begin en dan maak die einde skielik sin
Is dit dan te laat o mens vir n weer begin
Of is die einde van die liefde dan juis die sin??

- Onbekend -

No comments: