Ek ontmoet jou elke nuwe more in die badkamerspieel se weerkaatsing-
dan praat ons saam en wonder wat hierdie dag gaan bring.
Ek sien jou soos jy is - hoe jy verouder,
al die tekens is daar- dit maak my benouder!
Ons twee staan in verhouding tot mekaar-
groet saam die oujaar en verwelkom elke nuwe jaar!
Ons deel in mekaar se vreugde en pyn-
as dit reen- of as die son skyn!
Ons albei weet wat is reg en verkeerd-
jou oe is die vensters van ons siel- dit moet jy weet!
Ons deel n gesamentlike gewete-
hy herinner ons aan dinge lank reeds vergete.
Jou gedagtes is ook aan my bekend-
ook die dinge wat jy doen om jou gees te skend!
Kom ons besluit saam om te vergewe-
ervaar ons vryheid en 'n nuwe lewe!
- Onbekend -
Afrikaans 100
2 months ago
No comments:
Post a Comment