Saturday, August 23, 2008

WIE IS JY EINTLIK?

Is jy ‘n son wat die duisternis verdryf,
of is jy ‘n wolk
waardeur skadu’s verstyf
Ons kan elk kies wat ons in die lewe wil wees
is dit die duisternis,
of is dit ‘n fees?
Wat is in jou hart
soek verby die smart
Is dit ‘n kersie of is dit ‘n lig,
wat ander kan laat struikel, of skenk jy hul sig?
Wat doen jy diep daar binne
in jou binneste rond
is dit jyself, of is dit ‘n front?

- Annette Coetzee -

1 comment:

RoosMaryn said...

Pragtig en Dankie Cassia, bly jy is hier!