Tuesday, September 9, 2008

Lewenslank


Ons het van die begin af geweet
Ons vriendskap sal
‘n leeftyd hou.

Ons het soveel uiteenlopende dinge
Saam deurstaan.

Soms was jy my stut
En ander kere het jy op my geleun,
Maar meestal
Het ons net die reis geniet.

Dis ‘n vreugde
om onvergeetlike dae te deel
met iemand so spesiaal soos jy.

No comments: