Saturday, September 6, 2008

Vandag

Ons het vandag hoër geboue en breer snelwee, maar korter temperamente en smaller sienswyses.

Ons spandeer meer, maar geniet minder.

Ons het groter huise, maar kleiner gesinne.

Ons het meer opofferinge, maar minder tyd.

Ons het meer kennis, maar minder oordeel.

Ons het meer medisyne, maar swakker gesondheid.

Ons besittings het vermeerder, maar ons waardes het verminder.

Ons het die maan bereik en teruggekom, maar ons vind dit moeilik om ons eie straat oor te steek en ons bure te ontmoet.

Ons het die buitenste ruim oorwin, maar nie ons binneruim nie.

Ons het hoer inkomstes, maar minder sedes.

Deesdae is die tyd van meer vryheid, maar minder vreugde.

Ons het meer voedsel, maar minder voedingswaarde.

Deesdae neem dit twee salarisse vir elke huis, maar egskeiding vermeerder.

Daar is deesdae mooier huise, maar meer gebroke gesinne.

Dit is hoekom ek voorstel dat jy, van vandag af, die volgende doen:

Moet niks hou vir n spesiale geleentheid nie, want elke dag wat jy lewe is spesiaal.

Brei jou kennis uit, lees meer, sit op jou voorstoep en bewonder die uitsig sonder om veel aandag te gee aan jou behoeftes.

Bestee meer tyd saam met jou familie en vriende, eet jou gunsteling-kosse, besoek die plekke waarvan jy hou.

Die lewe is n ketting van vreugdevolle oomblikke, nie net oorlewing.

Gebruik jou beste kristalglase. Moenie jou beste parfuum bere nie, gebruik die elke keer as jy lus voel.

Verwyder frases soos "een van die dae" en "eendag" uit jou woordeskat.

Skryf daardie brief wat jy gedink het jy "een van die dae" sal skryf.

Vertel jou familie en vriende hoe lief jy hulle het.

Moenie enigiets uitstel wat lag en vreugde tot jou lewe kan byvoeg nie.

Elke dag, elke uur en elke minuut is spesiaal ... en jy weet nie wanneer is jou laaste een nie.

As daar iets is wat jy vir iemand wil se of doen en jy dink jy sal dit "een van die dae" doen, onthou ... "een van die dae" is jy dalk nie meer hier nie!


- Onbekend -

No comments: